Thursday 20 February 2014


Sevens Netbaldag   (15 Februarie 2014)

Dit is met warm harte en ‘n  breë glimlag wat ons kan terugdink aan
Laerskool Helderkruin se eerste Seven’s Netbaldag!!  Elke ouderdomsgroep het
ten minste drie spanne ingeskryf en die dogters het heerlik teen mekaar
wedstryde gespeel.  Party was so bietjie verward, en die onderwysers moes
mooi kop hou om na 5 minute se speeltyd posisies te ruil.

Daar is nie woorde om dankie te sê aan al die mammas wat so hard gewerk het
om die borge vir Saterdag te kry nie.  Elke dogter is bederf met n pakkie,
waarin n pragtige T-hempie, polsband, water, waterbottel en  waslappie.
Asof dit nie genoeg was nie, is elke speelstertjie ook nog bederf met ‘n heerlike
“hotdog”, ysie en koeldrank na die wedstryde!!

Die dag is natuurlik afgesluit met ‘n wedstryd tussen die Mammas en
juffrouens. Wel, ons personeel sal volgende jaar twee maal dink voor ons hierdie Mammas weer op die baan sal aandurf.




Sit terug en geniet die seisoen saam met ons!!  Kom ons Kruiners bereik saam
hierdie jaar net hoër hoogtes!!

Netbalgroete!!


Sonja Lombaard

No comments:

Post a Comment