Sunday 10 March 2013


NETBAL:   BEGINNERSKURSUS LOK GROOT BELANGSTELLING

Op Saterdag, 23 Februarie het 50 dames by Laerskool Roodekrans saamgetrek
om ‘n Netbal-Beginnerskursus by te woon.

Rosemary Swanepoel (van Hoërskool Florida) het hierdie kursus aangebied.  Ten einde die reëls en die spel beter te verstaan, het sy gebruik gemaak van uitstekende handleidings wat uiters waardevol vir kursusgangers was.
Die demonstrasie van reëls, vaardighede en speelwyses het verder bygedra om van hierdie kursus ʼn groot sukses te maak.

Verskeie aspekte van die spel is deeglik deur Rosemary gedek.  Sy is tans die afrigter van H/S Florida se eerste span, asook provinsiale afrigter met S A-gradering.  Die netbal-afrigters in die D12-Distrik is uiters bevoorreg om van sulke kundiges in ons direkte omgewing gebruik te maak.
Dit verseker dat D12-Netbal nou en in die toekoms, netbal van hoë gehalte en standaarde kan en sal handhaaf. 

1 comment: