Sunday 10 March 2013


Netbal floreer by Distrik D12

Die D12 Netbal uitvoerende-komitee het Maandag 21 Januarie alreeds hul beplanning afgerond vir die jaar se netbal.  Groot dinge word beplan vir die jaar, maar prioriteite is die opleiding van ’n nuwe generasie Netbalspeelsters. 
Daarom sorg die D12 Netbal komitee dat verskeie kursusse ook aan die afrigters aangebied word om sodoende op datum te bly met die nuutste tegnieke en afrigters-metodes.
2012 was die D12 distrik genomineer as een van die beste distrikte, maar in 2013 gaan ons poging wees om Netbal tot hoër hoogtes te laat gaan.  Onder die bekwame leiding van Mnr. David Maree is netbal in ons distrik gesond en toekomsgerig en strewe ons na die beste.



 D12 Netbalkomitee
David Maree, Di Woolley, Mariska Visser, Ethel Basson, Tanya Meyer, Noeline van Wyk, Ronel Bezuidenhout, Elmarie Steenekamp, Berna de Beer, Lana Volkwyn, Minette Venter en  Laura Barnard, Daleen Pommerel, Ria Swart, Marietjie Boddington


No comments:

Post a Comment