Thursday 9 May 2013

Florida: puik netbalspeelsters

Hoërskool Florida


Baie geluk aan Hoërskool Florida wat spog met 5 speelsters wat gekies is vir die Gauteng span.


Agter:                   Marischea Schoeman; Danita Kruger; Tabby Simako

Voor:                     Unelle Snyman; Elfriede Wheeler
 
Daar is twee matriek leerders : Tabby (AV), Elfrieda Wheeler (V).  Hierdie leerders presteer nie net op die gebied van netbal nie.  Tabby was ook Mej Matriek en Elfrieda is ongelooflik kunstig en bespeel die klavier dat jy hoendervleis kry.
Marishea Schoeman (VV)

Die twee 0/17 spelers:  Danita (HV) en Unelle (V) is ook beeldskoon.  Hulle was onderskeidelik Mej Florida 2012 en 2013
Hierdie dogters neem ook deel aan Florida se Idols en boonop is almal slimkoppe. 
Alle sterkte met jul toekoms!

 




No comments:

Post a Comment