Thursday 17 April 2014

2 Kruiners na Gauteng Netbalproewe

Geluk aan Jeanli de Klerk 0/13 en Jenna Beukes 0/12 wat deurgedring het na
die Gauteng netbalproewe (GSS).  Gauteng skole netbal is baie sterk en om
deur te dring en die Roodepoort streek te gaan verteenwoordig, is ‘n groot
eer. Dit vind plaas by Hoƫrskool EG Jansen op Saterdag 17 Mei vanaf 07:00.

Jeanli is op die senter (S) posisie gekies en Jenna op aanvallende vleuel
(AV).

Pragtig dogters, ons is baie trots op julle!  Julle hou die Kruiners se naam
hoog! Wees verseker dat elke Kruiner styf duim vashou vir die volgende
rondte.

Gaan geniet elke oomblik en hou die blink kant bo!

No comments:

Post a Comment