Wednesday 6 April 2016

Netbal 7's dag by Laerskool Helderkruin 2016

Kinders lag en raak nie aldag meer opgewonde nie, maar hier by Laerskool Helderkruin het die 7’s netbaldag gesorg vir baie pret en plesier.   

Die dogters het in gemengde spanne van sewe deelgeneem aan die pret geleentheid, net vir die lekker daarvan.  
As spanne het hulle prettig aangetrek (beslis nie soos ‘n netbalspeelsters normaalweg sal aantrek nie) maar juis dit maak dit vir die speelsters lekker. 

Spangees en leierskap word gebou deur die saamdoen van interessante goed.  So bv. moet die eerste netbalspan (die Chillies) dan ook elke jaar vir die opening van die verrigtinge ‘n item lewer soos “pom-pom girls”.  Dit sorg vir hope pret en die skare geniet die leerders se kreatiewe saamdoen.

Die Helderkruin ouers is ongelooflik en hulle werk saam om hierdie dag vir ons moontlik te maak.  Hulle maak verrassingspakkies vir elke speelster.  Hierdie jaar het die leerders onder andere weer elkeen ‘n kolwyntjie en bal ontvang met nog ander bederfies.  
Dit is vir die kinders wonderlik.  Maar dit is nie net die speelsters wat bederf word nie, die afrigters word ook deur die ouers bederf.  
Elke afrigter het die mooiste pakkie ontvang en dan was daar  ‘n stalletjie wat spesiaal versier was vir die afrigters.  Dit maak dat die afrigters besef hulle is spesiaal.  So kring ‘n belangrike boodskap uit dat ons as Helderkruin afrigters, speelsters en ouers altyd sal saamspan om ‘n bobaas, wenspan te wees.  
Die ouers wat die verkope waargeneem het, was ook ongelooflik en die kos was heerlik.
Ons is so dankbaar teenoor borge soos:  Sportsmans Warehouse, Elk easylife Kitchens, Sasol, Corhold, AON ens. vir hul ruim bydra om vir ons kinders die dag spesiaal te maak.  Met sulke besighede kan ons kinders nog hoop op ‘n mooi toekoms.

Ons is ook dankbaar vir ons netbalorganiseerders Trudie Breet en Sonja Lombaard wat al die reëlings vir die dag getref het.  Hierdie dames werk baie hard en sonder hulle toewyding en entoesiasme sou die dag en ons netbal nie op die goeie pad gewees het soos wat dit tans is nie.


Dit was ‘n Suksewe!

Deur Sonja Lombard








No comments:

Post a Comment