Wednesday 6 April 2016

Sportdag 12 Maart by Alma Mater Akademie 2016

Dit is met groot opgewondenheid dat van ons Mini-netbal dogtertjies Saterdag 12 Maart die sportdag by Alma Mater akademie aangepak het.  

Dit was heerlik koel so vroeg in die oggend na n wonderlike reënweek!  Al die spanne het drie wedstryde gespeel en ons dogters het die dag verskriklik geniet.  Hulle het die geleentheid gehad vaardighede waaraan daar die afgelope paar weke gewerk is toe te kon pas. 

Dogters ons is trots op julle en sien uit na die res van die seisoen.  
Baie dankie aan al die ouers vir julle tyd en opoffenring om die dogters betyds daar te kry.  
Dankie aan elke afrigter vir jul positiewe bedra!

Hoop elke ouer, dogter en onderwyser gaan heerlik rus die volgende twee weke.  Veilig reis en laai die batterye vir die Tweede kwartaal.

Mag die Here u elkeen bewaar op die pad indien u sou reis.

Netbalgroete

Sonja Lombaard







No comments:

Post a Comment